Friday, March 23, 2012

Ek, die grynslaggende verraaier ...

Tydens n onlangse nood vergadering van die Gelofte Volk Republikeine in Bloemfontein waar ek die video streaming behartig het vir die dag, en waarvan die opnames gesien kan word op http://www.livestream.com/afrikanerraad, was daar n aardige oomblik waartydens ek die indruk gekry het ek word gebrandmerk as n verraaier, omdat ek een van 2 mense was in n saal van 100 wat bly sit het op n vraag ‘Het ek vertroue in die Boerevolk

Nou voordat daar die taktiese fout gemaak word om my as verraaier uit te wil wys, laat my toe om te verduidelik hoekom ek bly sit het op die vraag. Dalk dan sal jy besef ek het nie n identiteits krisis of wanindruk van waar ek vandaan kom en in wie of wat ek my geloof plaas nie, en daarom was jou en die res van die saal se gluurende, half-deurborende en veroordeelende oe gevestig op iets wat dalk sou kon lyk soos n grynslag op my gesig.

Op jou eerste vraag waar jy almal wat in jou God glo, gevra het om te staan. Ek het opgestaan op daai vraag om aan te dui dat ek GELOOF HET IN MY GOD

Ek het nog nooit n kruisie agter enige politieke party se naam gaan trek nie, en sal ook nooit nie want die Afrikaner afstamelinge van 1838 het nog nooit n politieke party gehad in die land sedert ek 18 was (in 1996) en kon stem. Terwyl ek gekontrakteur was vir wat ek gedoen het vir die dag, was dit tog ek wat my dienste aan jou, meneer die spreker, aangebied het. Die rede hoekom ek dit gedoen het was omdat ek geweet het ek kan die boodskap van die Gelofte Volk Republikeine soveel verder kry as die 100 mense wat teenwoordig was op die dag, en dit is presies wat ek gedoen het. EK HET GELOOF IN MYSELF.

In my volk sal ek die dag geloof he wanneer ek weet waar om hulle te kry. Die dag wanneer daar lewe en beweging in die slagoffers van die volksmoord soos gerapporteer deur Genocide Watch is, daai dag meneer die spreker, sal ek geloof he in n boerevolk, en ek sal weet waar om hulle te kry op die slagveld wat Suid Afrika geword het.