Tuesday, January 12, 2010

Staan op vanaf die kantlyn

Sedert 1996 wat ek uit die skool is het ek myself weerhou van polities betrokke te raak in enige mate, of myself uit te spreek oor my persoonlike gedagtes op die onderwerp. Die jaar, 2010, is die jaar wat ek opstaan vanaf die kantlyn en se ... HOE KAN EK HELP?

Help waarmee? Om te begin, help met die blatante, openlike diskriminasie teen my nasie en volk. Wat is die regeering se 'regstellende aksie' dan anders as rassistiese diskriminasie teenoor die blankes in Suid Afrika? Ek tel nou 14 jaar wat die blanke wit man in Suid Afrika moet terugstaan terwyl die vorige onderdrukte nie-blankes, onge-ag kwalifikasie of ondervinding, die poste kry.

Ek is die afgelope 11 jaar my eie baas, deels omdat ek nie kan opdragte aanvaar van mense wat skaars kan spel of hulsef ordentlik uitdruk in Engels. Vir soveel blanke Afrikaner mans was daar 14 jaar gelede 3 opsies
- Hou aan om n werk te soek totdat jy een kry en berus jouself daarby dat jy nooit jou volle potensiaal en vlak in n maatskappy gaan bereik nie omdat jy wit is.
- Gaan soek werk in ander lande oorsee.
- Begin jou eie besigheid en ondervind hoe dit voel om 18 ure per dag te werk terwyl jy jouself van die grond af opwerk.

Die lewe gaan oor keuses en kruispaaie, besef dit nou maar. Daai was ons keuses, en 14 jaar later, het dit enigsins verander? Nie vanuit die paar oe nie, maar ek's nou ook al amper oud en grys, miskien voel die jeug van vandag anders daaroor? Regstellende aksie is vandag nog orals te sien. Hoeveel AFFIRMATIVE ACTION EMPLOYMENT advertensies sien ons nie in die koerante en webwerwe tot vandag toe nog nie. Nou se ek dat ek wil help, maar hoe en waar om te begin? Ek, as een man alleen, kannie vir die regering en maatskappy wat nie n hel omgee oor standaarde en diens, vertel dat hulle hulsef, die maatskappy/besigheid, en ons land benadeel daarmee. Wat is die resultaat van regstellende aksie? Korrupsie en totale afbreek van dienste ... stry met my hieroor asseblief, sodat ek die skille van jou oe kan afhaal en jou help kyk na ons land sonder jou donkerbrille aan.

Wat my bloed laat kook het, en veroorsaak het dat my hart deur my keyboard vloei, is FNB (First National Bank) wat hulle werknemers help met hulle kinders se skoolgelde ... maar net as julle swart is.
http://www.beeld.com/Content/Opinie/HoofArtikels/1964/8034c242191f421cb50d10fbc8902c61/24-12-2009-04-26/Hoe_kan_ons_help_%28maar_net_as_jy_swart_is%29

Nou hoe ek dit sien is dat my maters wat 14 jaar gelede besluit het om aan te bly in Suid Afrika en vir n baas te gaan werk, nou in die katagorie val van n inkomste minder as R100 000 per jaar. Nie omdat hulle nie hardwerkend is of gekwalifiseerd is vir bevordering nie, maar omdat regstellende aksie dit van hulle ontneem het, en nog elke dag aanhou doen. En dis hoe besighede soos FNB reageer, 14 jaar of meer sedert ons die nuwe Suid Afrika begin het.
My oorlede Ma sou nou gese het hulle is besig om n hond te skop wat wat le. En dis in my mening presies wat hier gebeur. Dis nie erg genoeg dat ons gestraf word vir die aksies en denke van ons voorvaders nie, maar dan word ons blankes nog verder in die afgrond vertrap.

As FNB dan nou openlik en blatant nie-blankes bevoordeel terwyl hulle rasistiese aksie wit Suid Afrikaners uitsluit, dan kan ek dieselfde doen, nie waar nie. Daarom is my besigheid, ActionOnline, se social responsibility program nou slegs vir wit organisasies wat deur blankes beheer en bestuur word.

Sou ek verder verkeerd wees as ek vir alle entrepeneurs wat n webwerf begin 25% afslag gee, en ook 25% op hulle maandellikse hosting, maar slegs as jy wit is? Kontak my gerus, want van vandag, as jy 'KANTLYNBEWEGING' aanhaal in jou onderwerplyn of inhoud van jou e-pos aan my, kwalifiseer jy vir 25% afslag op enige van die pryse op ACTIONONLINE.CO.ZA