Tuesday, February 15, 2011

Die legende van die mier en die sprinkaan

Lank gelede het ‘n mier en ‘n sprinkaan saam op dieselfde stuk veld gewoon. Gedurende die somer het hierdie mier dag en nag gewerk sodat hy genoegsame voorraad kon inbring vir die naderende winter. Hy het selfs sy huis so ingerig dat hy warm en beskut sou wees gedurende die lang, koue maande.

Intussen het die sprinkaan singend rondgehop en al die gras opgevreet waaraan hy behoefte gehad het. Ook het hy, sodra die drang tot paring in hom opgestu het, dit onverwyld met die eerste beste maat bevredig.



Die winter het gekom en daarmee saam die bitter koue wat die gras laat vrek het. In sy warm huisie het die mier geen tekort gehad nie, terwyl die sprinkaan – wat hom nie op die winter voorberei het nie – van honger en ontbering omgekom, en ‘n horde klein sprinkaantjies sonder kos of skuiling agtergelaat.
Die legende leer mens dus om hard te werk sodat jy vir jouself en jou kroos kan sorg....

Die Suid-Afrikaanse weergawe:
Die eerste deel van die storie is dieselfde, maar omdat dit in Suid-Afrika afspeel eindig dit nie daar nie....

Die verhongerde, verkluimde nasaat van die sprinkaan wil weet hoekom die mier toegelaat word om warm en gevoed te wees terwyl hulle reg langsaan in die aller haglikste omstandighede sonder kos en klere moet leef....

‘n Televisie-span maak hulle opwagting en beeldsend tonele van die mier in sy gemaklike huis met ‘n spens vol kos – en die wereld is stomgeslaan. “Hoe is dit moontlik?” vra hulle. “Moontlik vir die mier om in soveel weelde in hierdie lieflike omgewing te bly, terwyl die arme sprinkaan so ly?”

In ‘n oogwink is SASU – die Suid – Afrikaanse Sprinkaan Unie – gestig. Hulle kla die mier aan van “spesie diskriminasie” en beweer dat die sprinkane slagoffers is van 30 miljoen jaar se groen onderdrukking. Hulle loods ‘n protesoptog voor die mier se huis en breek omtrent die hele straat af. Tydens ‘n Televisie-onderhoud sê hulle almal dat indien daar nie gehoor gegee word aan hulle eise nie, hulle gedwing sal wees tot kriminele lewens. Net vir oefening steel hulle een van die TV-span se bagasie, vermoor die bestuurder en kaap die span se voertuig.

Die GHK – Gryp en Herverdeel Kommissie – regverdig hierdie gedrag deur te sê dat dit die nalatenskap is van die mier se diskriminasie teenoor- en onderdrukking van die sprinkane. Hulle eis dat die mier die sprinkane om verskoning vra vir alles wat hulle, hulle aangedoen het en dat hulle die sprinkane vergoed vir alles wat nog ooit deur die geskiedenis heen aan ‘n sprinkaan gedoen is.

GATSAK- Goed Aardiges Teen Sprinkaan Afknouing en Kastyding – verklaar dat hulle ‘n heilige oorlog teen miere begin.
Die president verskyn op die agt uur nuus en sê dat hy alles in sy vermoe gaan doen vir die sprinkane. Die sprinkane wat hulle verdiende welfaart ontneem is deur diegene wat onregmatig bevoordeel is gedurende die somer.

Die Regering plaas EEVA- Ekonomiese Egalisasie Van Agtergeblewenes- op die wetboeke, terugwerkend tot aan die begin van die somer.
Die mier word beboet omdat hy nie genoegsaam groen insekte in sy diens het nie, en omdat hy niks oor het om sy agterstallige belastings mee te betaal nie, vat die Staat sy huis vir her-verdeling.

Die verhaal eindig waar die sprinkaan weglê aan die laaste bietjie van die mier se voedsel terwyl die Staatshuis waarin hy bly – wat net toevallig die mier se gewese tuiste is – rondom hom inmekaar val omdat hy nie weet hoe om dit in stand te hou nie, en eerlikwaar ook glad nie omgee nie.
Op die TV – wat hy en ‘n paar vriende van ‘n ander mier gesteel het – sien die sprinkaan die President voor ‘n klomp wilde dansende en luid singende sprinkane staan en aankondig dat ‘n nuwe era van “gelykheid” op die veld aangebreek het.

Intussen word die mier nie toegelaat om te werk nie, want hy is histories deur die veld bevoordeel. In sy plek is tien sprinkane aangestel – drie in baie senior posisies met byvoordele – om die gras in te samel voor die winter. Maar dit lyk asof dit nie die verlangde resultate lewer nie, want die sprinkane werk net twee ure per dag – net op die dae wat hulle opdaag vir werk – en steel dan die helfte van alles wat hulle in daardie tyd geoes het.

Dan is dit weer winter, en te min gras is geoes. En die sprinkane staak en eis ‘n 150% loon-verhoging sodat hulle kos kan koop. Kos wat nou ingevoer moet word omdat die sprinkane nie genoegsame voedsel op hulle eie veld kan produseer nie.

Sunday, February 6, 2011

My God, hoor my gebed

Dis Vrydag middag vandag, 3 lang jare sedert daar laas n storm in my lewe was, maar ek kan dit aanvoel … ‘dis hoog tyd vir n donner storm uitbarsting!’. Dit herhinner my, laat ek Glaskas se ‘Engele wat Skreeu’ in my Geekbag gooi. Ek is vanmiddag oppad berg toe nadat ek sowat 146 reaksies gelees het op n onlangse skrywe, en ek weet ek gaan stilte en perspektief nodig he vir wat voorle.

Als is gepak en gereed, wag net vir die kinders om van die skool af te kom. Megan en Dylan wil weet watse werk ek op die berg gaan doen, want die hekse bly op die berg. (Ongelooflik om die blindelingse geloof van n kind aan te hoor of te aanskou)
“Ek gaan n deal maak met die hekse sodat julle nie bang hoef te wees nie en veilig kan voel in die aande”, min wetend van die inwendige styd teen wat die Engelsman seker verwys na as my ‘inner demons’.

Baie jare gelde in my stilste stil oomblik het ek tot die besef gekom dat daai inner demons niks anders is as my hart en my kop wat probeer besluite maak en my lewe regeer. En vir baie jaare daarna kon ek se ‘I am at peace with my inner demons, ‘cause we all 3 are on the same side now’, maar vandag voel ek die behoefte aan om rondom n kamp vuur te gaan sit en redeneer met vriende oor die storm in my lewe. Maar voordat daar om die vuur gesit word, n bietjie agtergrond oor wie saammet my rondom n vuur gaan sit.

My Kop
Minister van logika, daai stemmetjie daarbo wat faktore in ag neem en oor die algemeen nogal ingeligte menings kan verskaf oor onderwerpe. Sy mening op die reaksies is dat ons nie meer n volk het nie, en dat storieboeke en slaaptyd stories kan help om my kinders te vertel van die nasie waaraan hulle behoort, ons moet net uitpluis wat is die verskil tussen n Boer en n Afrikaner.

My Hart
Minister van binnelandse sake het altyd n oor-sensitiewe uitkyk op meeste van die sake op die tafel, en hy is van mening dat as die 3 van ons tot n oplossing en beslissing wil kom oor die reaksies, ons dit nie op ons eie sal kan uitrig nie. Ons sal my God daar moet he.

My God
My God is nie noodwendig jou God nie, alhoewel jy jouself ook n christen noem en met een-of-ander vertaling van Die Bybel onder die arm rondloop. Ek, my hart en my kop en lank terug besluit wie ons God is. Dieselfde God aan wie daar op 16 December 1838 n gelofte gemaak is, en daardie God het homself daardie dag ontferm oor die handjie-vol afrikaner boere. Dis die volk waaraan ek behoort, en dis die God waarin ek glo. As jou hart en jou kop nie saamstem nie, dan gaan ons nie om dieselfde vuur sit nie …

Dis laat middag teen die tyd dat ek gemaklik begin inskuif agter n klein vuurtjie so endtjie van die tent af maar naby genoeg aan die kant van die berg om af te kan kyk op die ligte wat begin aankom in die dorpie onder aan die voet van die berg, en oor die vlaktes kan ek die ligte sien skein op n boer se plaashuis. Die doodse stilte word gebreek met die woorde ‘My God, hoor my gebed …

“Ek het gesondig, wees my genadig … en die goeie christene wat U ontken het die week”
My kop en my hart herhinner my aan die feit dat hulle ook mense is met hulle eie denke en gevolgtrekkings. Dit wil wel voorkom asof die fondasies waarop Afrikaner Christendom gebou was tot gronde gebreek is.

“U volk is vermom, verdeeld, verward en uit mekaar gespat … het ek nog n volk waaraan ek behoort?”
My kop reken ons moet die Afrikaner boere volk dalk op n ‘endangered species list’ voeg, want daar is Afrikaner individuee, maar nie genoeg om n volk genoem te word nie. My hart aan die kant wens dat meer Afrikaners na hulle harte sal luister. Is ek n Afrikaner of n Boer om grond van n JA of NEE stem iewers in die geskiedenis? Of is ek n Afrikaner op grond van geloof? Dalk moet ek na myself verwys as n Afrikaner boer, net om verwarring te vermei.

“Ons sou antwoord op n roepstem … ons sou offer, as daar net gevra was”
Ek weet daar was n tyd toe my God aan bewind van die land was deur die leiers van die land. In daardie tyd sou ons luister en antwoord gee. Terwyl my kop probeer sin maak watter leier waar wat gedoen het, se my hart vir my dat ons leiers en ons volk veraai is deur beloftes wat nie nagekom is nie, en sodoende helde verbrokkel het en n volk uitmekaar laat spat het omdat daar nie grense was nie.

“Heer, redineer met my kop en kalmeer my hart … sodat ek nie my rug op my God, volk of land sal draai nie”
My kop waarsku my dat ons nie dwase leiers volg nie en my hart is vinnig om te vra wie is daar dan om te volg waarheen …?
Dis laat aand toe ek met kalmte my oe oop maak en opkyk vanaf hande vol trane, en vaskyk in n vloeiend rivier in die verte wat inloop in n amper-vol dam, n jare lange droogte tot n einde die week. Die trane van my God vanaand vloei oor die lande en hoop op in damme …

“Dankie Heer vir U ontfermming oor my volk … ”

Dis met piering oe wat Dylan dievolgende oggend wil weet wat die hekse te se gehad het die vorige aand. “Ons het tot n ooreenkoms gekom oor grense, en hulle bly nou daar bo in die berge en sal julle nie meer pla of bang maak in ons huis nie. Miskien kan ons hekse vertrou om nie beloftes oor grense te breek nie” Megan wil weet wie breek dan beloftes?
‘Marmite monsters, my kind’

Saturday, January 22, 2011

Wees gewaarsku, ek’s nog n Afrikaner!

"Take a Dutchman, the kind of Dutchman that fought against all the might of Spain, intermix him with the inflexible French high notes. Take him through 8 generations of war; put him in a country suitable for the huntsman, marksman and rider. Put a finer temper in him through the Bible, and you get an Afrikaner. A nation so strong that it took the British Empire 191 000 000 pounds, 3 years and 480 000 soldiers to conquer the 2 poorest, smallest states in the world."

Terwyl ek laat een aand myself opsetlik laat verdwaal op die Internet kom ek af op die boonste aanhaling. Onbewustelik het my fingers stil geraak en my gedagtes het op loop gegaan agter n skerm sonder enige beweging, terwyl ek probeer identifiseer waar in die afgelope twee generasies van Afrikaners dinge so verkeerd gegaan het met my volk. Dit was in dieselfde week dat ek moes sien hoe blanke mense in my gemeenskap onaanvaarbare dienslewering wat grens aan bedrog in stilswye aanvaar. As dit nou dienslewering was vanaf die munisipaliteit of regering dan was ek dalk nie so geskok nie, maar dit was vanaf n prominente blanke man in die gemeenskap.

Die vraag; ‘Do you not have any honor?’ kan gerig word aan beide die gemeenskap en die enkel persoon. Het ons as n volk en nasie so gewoond geraak aan bedrog en skelmgeid om ons dat ons dit nou aan mekaar begin doen? Het die afgelope dekade of twee ons so gewoond gemaak aan verlaagte standaarde en kriminele dade dat ons dit nou maar net aanvaar, want af uit die paar oe op die kantlyn is dit die gevolgtrekking waartoe ek kom. Is ons besig om te vergeet wie en wat ons is terwyl ons wereld om ons vernoem word, ons standbeelde nuwe betekenisse gegee word en ons daagliks uitgemoor word op plase? Vir hoe lank nog moet ons betaal en ly vir n oomblik van swakheid in die verlede?

Die reenboog kleure van die nuwe Suid Afrika het ongetwyfeld die murg in die bene van die Afrikaner nasie afgewater tot a punt waar ek nou n lyn wil trek en moet se aan my medemens: ‘Wees gewaarsku, ek’s nog n Afrikaner!’ Nie die tiepe man met n bree hoed wat al-wat-nie-wit is nie in n ander bloedgroep wil inklap nie, maar die tiepe man vir wie daar n reg en verkeerd is, met geen grys areas tussenin nie, en wat nie in stilswye, dade en omstandighede sal aanvaar nie.

Die oomblik van swakheid in die geskiedenis van my volk was nie alleeenlik die dade van rassisme gewees nie, maar eerder die dag toe ons leiers die land wat deur ons Vader aan ons gegee was, weg gegee het. Ek het aanskou hoe alles van godsdiens tot staatsdiens afbreek om my, ek het aanskou hoe die woorde van ‘Kill the Boer’ oorgeskakel word in dade en toegesmeer word. As n volk en nasie was ons nou naak gemaak tot n punt waar alles wat vir ons heilig en mooi was nie meer daar is nie terwyl n nuwe jong geslag van Afrikaners nou groot word in a land waar hulle nie meer hulle eie geskiedenis ken of geleer word nie. Word ons nou beproef, getoets of getugtig?

Binne die grense van my eie huis en lewe handhaaf en leer ek my kinders respek, dissipliene, liefde en morele waardes en standaarde van my voorvaders en nie die van die samelewing om my nie. Dieselfde samelewing en gemeenskap wat se ek mag nie aan my kinders slaan nie. Wel, die Bybel en my ouers het my geleer ‘tugtig die wat jy liefhet ‘, en ondervinding het my nou geleer dat dit gedoen word om te verseker as volwasse mens jy nie optree soos die prominente blanke man in ons gemeenskap nie.

Soos die uur hand op die houd horlosie in die sitkamer stadig en konstant nadertik na die begin van n nuwe dag, so vind ek die beweging in my vingers het teruggekom, en die klank van masjien gewere in my kop is vervang deur die ritmiese gemars van my vingers oor my keyboard. Hoor nou my lied ...

Ek is nie n lafaard nie, en ek is nie bang nie ….

Sunday, January 16, 2011

IT and me

The year was 2001, and I found myself starting a new business in East London's beachfront suburb, the Quigney. Having a few years practical experience, I knew very little about the hardware aspect of computers or networking. But because the Internet was becoming more and more used by business people and tourist, I saw an Internet Café as the ideal opportunity to make money while being connected. In those days you paid per minute for your Internet connection on a 56 kbps connection.

Working 18 to 20 hour days was nothing unusual for the next two years, for it was a constant learning curve at age 22. Instead of sitting in a classroom everyday learning theory, I choose the practical path for my learning experience. So there I was, learning about the Internet by designing my first html website, and with the help of my partner and friend at the time, Kobie Nel, understanding networking with COAX cables and Internet sharing through a VERY slow dialup, but fast enough to support up to 10 pc's at a time. Windows XP was not even in the market yet, and having 128 MB RAM in was considered a lot! I also found myself staring over the shoulders of Kobie while he was fixing computers or changing settings.
Computers and networking was but one of the subjects, for when the doors closed at night and the world around me got quite, I was faced with managing the Internet Café on paper and screens, learning about marketing and advertising, basic bookkeeping, brand awareness and so much more. The fruits of my studies and experiments paid off when only 7 months after opening Cyber Screenz in the Quigney, I opened my first franchise outlet in Mdantsane, the then second biggest township in South Africa.
http://news.bbc.co.uk/2/hi/science/nature/2057711.stm

Highlights during the next 2 years was the opening of 2 more Cyber Screenz branches and then winning an online award for the design of one of my html websites. When in 2004 my wife and an employee was endangered by a robbery in one of the Café's, that was the red light sign for me to close up shop in the Quigney and cash out. But I walked away with the knowledge gained while building each Café, later on networking and fixing computers myself, having mastered the basics of PC hardware, networking and more. In 2004 ADSL was launched in South Africa, and out of the ashes of Cyber Screenz, ActionOnline was born. Working out of the granny flat at home in East London, I was focused on providing my website hosting on servers from home. This was the year I sat down behind a Linux machine for the first time, and 30 days later I had 11 websites running from that machine in the room next to my office.

In my travels and talks during 2004 learning about hosting servers, protocols and more, I bumped into a geek in Stellenbosch area, who a few month later came down to East London to help me setup a wireless access point on the roof of my house, linked to yet another Linux server. I stayed on a hill in East London, overlooking the Grand Prix circuit, and I wanted to get cameras and computers at the Grand Prix circuit connected to the server at home. Why? Because I wanted to stream the video feeds online to a website from where people could login and see the action. A new way of networking was emerging, and I was there to push the limits on 2.4 Ghz networking over a 1200 meter distance.

During 2005 I found myself at the head of a team facilitating the naming rights sponsorship to the EMPS Grand Prix Circuit, and you can see the billboards on the Settlers highway today still. Images and designs that came from my desk and computer during that year. It was 2 years in the fast lane!

Since then 5 years has come and gone, during which I have created numerous networks around South Africa in offices, at schools and in communities. Each network is unique both in the hardware used and functionality it offers, but they all have one thing in common. They make use of wired and wireless networking controlled by a Linux machine we call The ActionBox.
In that time also the speed of networking has gone from 10/100 mbps on cable networks up to 1 gigabit networking on LAN, and wireless networking improved significantly in terms of speed and distance. Thing is, the limits will ALWAYS be pushed in terms of improving speeds, and 10 Gbit/s LAN networking is available at a cost.

At the start of this year I have a wireless antenna on the mountain in Cathcart, able to provide Internet connection to farmers and communities in a 60 km radius from here at speeds up to 2 Mbps. Farmers all over the country who depend on Telkom's wired network or line at 12-48 kbps are being left behind and cut out, because its too expensive to upgrade cables to support ADSL to farm communities. There are other solutions available such as 2.8 and 5.4 Ghz networking over long distances. I found myself sitting next to this tower recently in isolation arguing the possible solutions this network could offer communities such as our own. After a short video call to Kobie from the top of the tower, I climbed down and started thinking back over the past 10 years and the evolution of …. IT and me.

How we met in our tumultuous youths and found ourselves entwined like eternal lovers with an unquenchable thirst for one another. Both passionately and shamelessly exploring each other's weaknesses and strengths in endless hours spend staring and touching each other's deepest parts … ah, you get the picture!
It has been nothing less than a romantic love affair the past decade, and I am excited about the next 10 years. Seeing how we kept up with each other along the road and never losing interest or feeling reassures me that we will be entwined together for many more years to come.

I have also started 2 years ago sharing my passion and knowledge with people by offering Boot Camps in Joomla web development and Basic PC knowledge. A Boot Camp is not a seminar or workshop where you sit and listen only, but instead its outcomes based. If I haven't managed to teach you what you need to know to be comfortable doing what it is you have to do, I have failed you and myself and you will receive a full refund. But then again, I seldom fail or back down, and I never give up!