Tuesday, February 15, 2011

Die legende van die mier en die sprinkaan

Lank gelede het ‘n mier en ‘n sprinkaan saam op dieselfde stuk veld gewoon. Gedurende die somer het hierdie mier dag en nag gewerk sodat hy genoegsame voorraad kon inbring vir die naderende winter. Hy het selfs sy huis so ingerig dat hy warm en beskut sou wees gedurende die lang, koue maande.

Intussen het die sprinkaan singend rondgehop en al die gras opgevreet waaraan hy behoefte gehad het. Ook het hy, sodra die drang tot paring in hom opgestu het, dit onverwyld met die eerste beste maat bevredig.



Die winter het gekom en daarmee saam die bitter koue wat die gras laat vrek het. In sy warm huisie het die mier geen tekort gehad nie, terwyl die sprinkaan – wat hom nie op die winter voorberei het nie – van honger en ontbering omgekom, en ‘n horde klein sprinkaantjies sonder kos of skuiling agtergelaat.
Die legende leer mens dus om hard te werk sodat jy vir jouself en jou kroos kan sorg....

Die Suid-Afrikaanse weergawe:
Die eerste deel van die storie is dieselfde, maar omdat dit in Suid-Afrika afspeel eindig dit nie daar nie....

Die verhongerde, verkluimde nasaat van die sprinkaan wil weet hoekom die mier toegelaat word om warm en gevoed te wees terwyl hulle reg langsaan in die aller haglikste omstandighede sonder kos en klere moet leef....

‘n Televisie-span maak hulle opwagting en beeldsend tonele van die mier in sy gemaklike huis met ‘n spens vol kos – en die wereld is stomgeslaan. “Hoe is dit moontlik?” vra hulle. “Moontlik vir die mier om in soveel weelde in hierdie lieflike omgewing te bly, terwyl die arme sprinkaan so ly?”

In ‘n oogwink is SASU – die Suid – Afrikaanse Sprinkaan Unie – gestig. Hulle kla die mier aan van “spesie diskriminasie” en beweer dat die sprinkane slagoffers is van 30 miljoen jaar se groen onderdrukking. Hulle loods ‘n protesoptog voor die mier se huis en breek omtrent die hele straat af. Tydens ‘n Televisie-onderhoud sê hulle almal dat indien daar nie gehoor gegee word aan hulle eise nie, hulle gedwing sal wees tot kriminele lewens. Net vir oefening steel hulle een van die TV-span se bagasie, vermoor die bestuurder en kaap die span se voertuig.

Die GHK – Gryp en Herverdeel Kommissie – regverdig hierdie gedrag deur te sê dat dit die nalatenskap is van die mier se diskriminasie teenoor- en onderdrukking van die sprinkane. Hulle eis dat die mier die sprinkane om verskoning vra vir alles wat hulle, hulle aangedoen het en dat hulle die sprinkane vergoed vir alles wat nog ooit deur die geskiedenis heen aan ‘n sprinkaan gedoen is.

GATSAK- Goed Aardiges Teen Sprinkaan Afknouing en Kastyding – verklaar dat hulle ‘n heilige oorlog teen miere begin.
Die president verskyn op die agt uur nuus en sê dat hy alles in sy vermoe gaan doen vir die sprinkane. Die sprinkane wat hulle verdiende welfaart ontneem is deur diegene wat onregmatig bevoordeel is gedurende die somer.

Die Regering plaas EEVA- Ekonomiese Egalisasie Van Agtergeblewenes- op die wetboeke, terugwerkend tot aan die begin van die somer.
Die mier word beboet omdat hy nie genoegsaam groen insekte in sy diens het nie, en omdat hy niks oor het om sy agterstallige belastings mee te betaal nie, vat die Staat sy huis vir her-verdeling.

Die verhaal eindig waar die sprinkaan weglê aan die laaste bietjie van die mier se voedsel terwyl die Staatshuis waarin hy bly – wat net toevallig die mier se gewese tuiste is – rondom hom inmekaar val omdat hy nie weet hoe om dit in stand te hou nie, en eerlikwaar ook glad nie omgee nie.
Op die TV – wat hy en ‘n paar vriende van ‘n ander mier gesteel het – sien die sprinkaan die President voor ‘n klomp wilde dansende en luid singende sprinkane staan en aankondig dat ‘n nuwe era van “gelykheid” op die veld aangebreek het.

Intussen word die mier nie toegelaat om te werk nie, want hy is histories deur die veld bevoordeel. In sy plek is tien sprinkane aangestel – drie in baie senior posisies met byvoordele – om die gras in te samel voor die winter. Maar dit lyk asof dit nie die verlangde resultate lewer nie, want die sprinkane werk net twee ure per dag – net op die dae wat hulle opdaag vir werk – en steel dan die helfte van alles wat hulle in daardie tyd geoes het.

Dan is dit weer winter, en te min gras is geoes. En die sprinkane staak en eis ‘n 150% loon-verhoging sodat hulle kos kan koop. Kos wat nou ingevoer moet word omdat die sprinkane nie genoegsame voedsel op hulle eie veld kan produseer nie.

Sunday, February 6, 2011

My God, hoor my gebed

Dis Vrydag middag vandag, 3 lang jare sedert daar laas n storm in my lewe was, maar ek kan dit aanvoel … ‘dis hoog tyd vir n donner storm uitbarsting!’. Dit herhinner my, laat ek Glaskas se ‘Engele wat Skreeu’ in my Geekbag gooi. Ek is vanmiddag oppad berg toe nadat ek sowat 146 reaksies gelees het op n onlangse skrywe, en ek weet ek gaan stilte en perspektief nodig he vir wat voorle.

Als is gepak en gereed, wag net vir die kinders om van die skool af te kom. Megan en Dylan wil weet watse werk ek op die berg gaan doen, want die hekse bly op die berg. (Ongelooflik om die blindelingse geloof van n kind aan te hoor of te aanskou)
“Ek gaan n deal maak met die hekse sodat julle nie bang hoef te wees nie en veilig kan voel in die aande”, min wetend van die inwendige styd teen wat die Engelsman seker verwys na as my ‘inner demons’.

Baie jare gelde in my stilste stil oomblik het ek tot die besef gekom dat daai inner demons niks anders is as my hart en my kop wat probeer besluite maak en my lewe regeer. En vir baie jaare daarna kon ek se ‘I am at peace with my inner demons, ‘cause we all 3 are on the same side now’, maar vandag voel ek die behoefte aan om rondom n kamp vuur te gaan sit en redeneer met vriende oor die storm in my lewe. Maar voordat daar om die vuur gesit word, n bietjie agtergrond oor wie saammet my rondom n vuur gaan sit.

My Kop
Minister van logika, daai stemmetjie daarbo wat faktore in ag neem en oor die algemeen nogal ingeligte menings kan verskaf oor onderwerpe. Sy mening op die reaksies is dat ons nie meer n volk het nie, en dat storieboeke en slaaptyd stories kan help om my kinders te vertel van die nasie waaraan hulle behoort, ons moet net uitpluis wat is die verskil tussen n Boer en n Afrikaner.

My Hart
Minister van binnelandse sake het altyd n oor-sensitiewe uitkyk op meeste van die sake op die tafel, en hy is van mening dat as die 3 van ons tot n oplossing en beslissing wil kom oor die reaksies, ons dit nie op ons eie sal kan uitrig nie. Ons sal my God daar moet he.

My God
My God is nie noodwendig jou God nie, alhoewel jy jouself ook n christen noem en met een-of-ander vertaling van Die Bybel onder die arm rondloop. Ek, my hart en my kop en lank terug besluit wie ons God is. Dieselfde God aan wie daar op 16 December 1838 n gelofte gemaak is, en daardie God het homself daardie dag ontferm oor die handjie-vol afrikaner boere. Dis die volk waaraan ek behoort, en dis die God waarin ek glo. As jou hart en jou kop nie saamstem nie, dan gaan ons nie om dieselfde vuur sit nie …

Dis laat middag teen die tyd dat ek gemaklik begin inskuif agter n klein vuurtjie so endtjie van die tent af maar naby genoeg aan die kant van die berg om af te kan kyk op die ligte wat begin aankom in die dorpie onder aan die voet van die berg, en oor die vlaktes kan ek die ligte sien skein op n boer se plaashuis. Die doodse stilte word gebreek met die woorde ‘My God, hoor my gebed …

“Ek het gesondig, wees my genadig … en die goeie christene wat U ontken het die week”
My kop en my hart herhinner my aan die feit dat hulle ook mense is met hulle eie denke en gevolgtrekkings. Dit wil wel voorkom asof die fondasies waarop Afrikaner Christendom gebou was tot gronde gebreek is.

“U volk is vermom, verdeeld, verward en uit mekaar gespat … het ek nog n volk waaraan ek behoort?”
My kop reken ons moet die Afrikaner boere volk dalk op n ‘endangered species list’ voeg, want daar is Afrikaner individuee, maar nie genoeg om n volk genoem te word nie. My hart aan die kant wens dat meer Afrikaners na hulle harte sal luister. Is ek n Afrikaner of n Boer om grond van n JA of NEE stem iewers in die geskiedenis? Of is ek n Afrikaner op grond van geloof? Dalk moet ek na myself verwys as n Afrikaner boer, net om verwarring te vermei.

“Ons sou antwoord op n roepstem … ons sou offer, as daar net gevra was”
Ek weet daar was n tyd toe my God aan bewind van die land was deur die leiers van die land. In daardie tyd sou ons luister en antwoord gee. Terwyl my kop probeer sin maak watter leier waar wat gedoen het, se my hart vir my dat ons leiers en ons volk veraai is deur beloftes wat nie nagekom is nie, en sodoende helde verbrokkel het en n volk uitmekaar laat spat het omdat daar nie grense was nie.

“Heer, redineer met my kop en kalmeer my hart … sodat ek nie my rug op my God, volk of land sal draai nie”
My kop waarsku my dat ons nie dwase leiers volg nie en my hart is vinnig om te vra wie is daar dan om te volg waarheen …?
Dis laat aand toe ek met kalmte my oe oop maak en opkyk vanaf hande vol trane, en vaskyk in n vloeiend rivier in die verte wat inloop in n amper-vol dam, n jare lange droogte tot n einde die week. Die trane van my God vanaand vloei oor die lande en hoop op in damme …

“Dankie Heer vir U ontfermming oor my volk … ”

Dis met piering oe wat Dylan dievolgende oggend wil weet wat die hekse te se gehad het die vorige aand. “Ons het tot n ooreenkoms gekom oor grense, en hulle bly nou daar bo in die berge en sal julle nie meer pla of bang maak in ons huis nie. Miskien kan ons hekse vertrou om nie beloftes oor grense te breek nie” Megan wil weet wie breek dan beloftes?
‘Marmite monsters, my kind’