Sunday, February 6, 2011

My God, hoor my gebed

Dis Vrydag middag vandag, 3 lang jare sedert daar laas n storm in my lewe was, maar ek kan dit aanvoel … ‘dis hoog tyd vir n donner storm uitbarsting!’. Dit herhinner my, laat ek Glaskas se ‘Engele wat Skreeu’ in my Geekbag gooi. Ek is vanmiddag oppad berg toe nadat ek sowat 146 reaksies gelees het op n onlangse skrywe, en ek weet ek gaan stilte en perspektief nodig he vir wat voorle.

Als is gepak en gereed, wag net vir die kinders om van die skool af te kom. Megan en Dylan wil weet watse werk ek op die berg gaan doen, want die hekse bly op die berg. (Ongelooflik om die blindelingse geloof van n kind aan te hoor of te aanskou)
“Ek gaan n deal maak met die hekse sodat julle nie bang hoef te wees nie en veilig kan voel in die aande”, min wetend van die inwendige styd teen wat die Engelsman seker verwys na as my ‘inner demons’.

Baie jare gelde in my stilste stil oomblik het ek tot die besef gekom dat daai inner demons niks anders is as my hart en my kop wat probeer besluite maak en my lewe regeer. En vir baie jaare daarna kon ek se ‘I am at peace with my inner demons, ‘cause we all 3 are on the same side now’, maar vandag voel ek die behoefte aan om rondom n kamp vuur te gaan sit en redeneer met vriende oor die storm in my lewe. Maar voordat daar om die vuur gesit word, n bietjie agtergrond oor wie saammet my rondom n vuur gaan sit.

My Kop
Minister van logika, daai stemmetjie daarbo wat faktore in ag neem en oor die algemeen nogal ingeligte menings kan verskaf oor onderwerpe. Sy mening op die reaksies is dat ons nie meer n volk het nie, en dat storieboeke en slaaptyd stories kan help om my kinders te vertel van die nasie waaraan hulle behoort, ons moet net uitpluis wat is die verskil tussen n Boer en n Afrikaner.

My Hart
Minister van binnelandse sake het altyd n oor-sensitiewe uitkyk op meeste van die sake op die tafel, en hy is van mening dat as die 3 van ons tot n oplossing en beslissing wil kom oor die reaksies, ons dit nie op ons eie sal kan uitrig nie. Ons sal my God daar moet he.

My God
My God is nie noodwendig jou God nie, alhoewel jy jouself ook n christen noem en met een-of-ander vertaling van Die Bybel onder die arm rondloop. Ek, my hart en my kop en lank terug besluit wie ons God is. Dieselfde God aan wie daar op 16 December 1838 n gelofte gemaak is, en daardie God het homself daardie dag ontferm oor die handjie-vol afrikaner boere. Dis die volk waaraan ek behoort, en dis die God waarin ek glo. As jou hart en jou kop nie saamstem nie, dan gaan ons nie om dieselfde vuur sit nie …

Dis laat middag teen die tyd dat ek gemaklik begin inskuif agter n klein vuurtjie so endtjie van die tent af maar naby genoeg aan die kant van die berg om af te kan kyk op die ligte wat begin aankom in die dorpie onder aan die voet van die berg, en oor die vlaktes kan ek die ligte sien skein op n boer se plaashuis. Die doodse stilte word gebreek met die woorde ‘My God, hoor my gebed …

“Ek het gesondig, wees my genadig … en die goeie christene wat U ontken het die week”
My kop en my hart herhinner my aan die feit dat hulle ook mense is met hulle eie denke en gevolgtrekkings. Dit wil wel voorkom asof die fondasies waarop Afrikaner Christendom gebou was tot gronde gebreek is.

“U volk is vermom, verdeeld, verward en uit mekaar gespat … het ek nog n volk waaraan ek behoort?”
My kop reken ons moet die Afrikaner boere volk dalk op n ‘endangered species list’ voeg, want daar is Afrikaner individuee, maar nie genoeg om n volk genoem te word nie. My hart aan die kant wens dat meer Afrikaners na hulle harte sal luister. Is ek n Afrikaner of n Boer om grond van n JA of NEE stem iewers in die geskiedenis? Of is ek n Afrikaner op grond van geloof? Dalk moet ek na myself verwys as n Afrikaner boer, net om verwarring te vermei.

“Ons sou antwoord op n roepstem … ons sou offer, as daar net gevra was”
Ek weet daar was n tyd toe my God aan bewind van die land was deur die leiers van die land. In daardie tyd sou ons luister en antwoord gee. Terwyl my kop probeer sin maak watter leier waar wat gedoen het, se my hart vir my dat ons leiers en ons volk veraai is deur beloftes wat nie nagekom is nie, en sodoende helde verbrokkel het en n volk uitmekaar laat spat het omdat daar nie grense was nie.

“Heer, redineer met my kop en kalmeer my hart … sodat ek nie my rug op my God, volk of land sal draai nie”
My kop waarsku my dat ons nie dwase leiers volg nie en my hart is vinnig om te vra wie is daar dan om te volg waarheen …?
Dis laat aand toe ek met kalmte my oe oop maak en opkyk vanaf hande vol trane, en vaskyk in n vloeiend rivier in die verte wat inloop in n amper-vol dam, n jare lange droogte tot n einde die week. Die trane van my God vanaand vloei oor die lande en hoop op in damme …

“Dankie Heer vir U ontfermming oor my volk … ”

Dis met piering oe wat Dylan dievolgende oggend wil weet wat die hekse te se gehad het die vorige aand. “Ons het tot n ooreenkoms gekom oor grense, en hulle bly nou daar bo in die berge en sal julle nie meer pla of bang maak in ons huis nie. Miskien kan ons hekse vertrou om nie beloftes oor grense te breek nie” Megan wil weet wie breek dan beloftes?
‘Marmite monsters, my kind’

No comments:

Post a Comment